GRAAFF-REINET GHOLFNUUS - Die Graaff-Reinet Krieketklub bied dié naweek, 7 en 8 September, weereens hul jaarlikse gholfdag op die bane van die plaaslike gholfklub aan.
Met PG Glass en Fly Karoo Air Services wat as hoofborge vir die kompetisie op Vrydag en Saterdag onderskeidelik optree, beloof dit om 'n weghol-sukses te wees.
Dit is jaarliks 'n groot geleentheid op die dorp se sport kalender en geniet dit groot steun van gholfers vanwee die uitstekende pryse wat altyd op die spel is.
Die ywerige gholfers wat hul plek wil verseker in dié kompetisie, kan die Graaff-Reinet Gholfklub skakel by 040 555 0036 of Willie van Rensburg by 083 616 1882.
Vrydag se spel slaan af om 12:00 en Saterdag kan gholfers om 07:00 of 12:00 afslaan.
Kostes om in te skryf beloop R150 per speler vir Vrydag se spel en R250 per speler vir Saterdag.
Daar word gehoop vir 'n vol veld gholfers!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'