GRAAFF-REINET NUUS - Gerber, Botha en Gowar (GBG), 'n finansiële dienste firma in Graaff-Reinet, het die afgelope naweek 'n gholfdag aangebied om kliënte, sakevennote en die gemeenskap te bedank vir hulle ondersteuning deur die jare.
GBG-venoot Ralie Blignaut en haar personeel was gasheer vir 93 gholfers.
Die formaat van die dag was 'n 4 Ball American Scramble.
Wenners
- Eerste plek: P Ludick, A Kroon, B Costa en C Waddelow
- Tweede plek: D Luscombe, J Wagenaar, B Henning en W Gentry
- Derde plek: R George, A Welman, C Koeberg en T Pretorius
GBG sê dankie aan:
- Graaff-Reinet-gholfklub wat hulle fasiliteite, bestuur en personeel beskikbaar gestel het.
- Old Mutual Broker Distribution, Old Mutual Wealth, Old Mutual Private Client Securities, Sanlam Privaat Welvaart, Standard Bank Cradock en Xero Accounting.
- Merino Slaghuis, Kamdeboo Supermeat, Pick n Pay, Drostdy Hotel Spa, Graaff-Reinet Hardeware, Oranje Rivier Kelders, Spandau Spar, Jonty's Liquor Store en Caltex College Motors.
- GBG Graaff-Reinet se personeel en die ander GBG-takke wat hulle bygestaan het.
- Al die gholfspelers en kliënte
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'