GRAAFF-REINET — Die Graaff-Reinet Krieketklub bied weereens hul jaarlikse gholfdag op die bane van die plaaslike gholfklub aan op 16 en 17 September.
Met Mica en Camdeboo Meat Processors wat as hoofborge optree vir die kompetisie op onderskeidelik Vrydag en Saterdag, beloof dit om 'n weghol-sukses te wees.
Dit is jaarliks 'n groot geleentheid op die dorp se sport kalender en geniet dit groot steun van gholfers vanwee die uitstekende pryse wat altyd op die spel is.
Die Krieketklub het die week aan plaaslike besighede of individue die geleentheid gebied om betrokke te raak by die dag deur middel van borgskap van pryse of finansiële steun.
Diegene wat belang sou stel om deel hiervan te wees kan gerus vir organiseerder Willie van Rensburg skakel by 083 616 1882.
Die ywerige gholfers wat solank hul plek wil verseker in dié kompetisie, kan die Graaff-Reinet Gholfklub skakel by 049 893 0286.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'