SPORTNUUS - Die stigterslid en ook afrigter van die Mountain View Stars-sokkerklub, Ronald Deysel, het tydens die klub se eenjarige viering die span vir hulle toewyding, respek en dissipline bedank.
Deysel het verlede jaar, besluit dat hy graag 'n sokkerklub vir skoliere en werklose jeugdiges wou stig, en op 1 Augustus het sy droom 'n realiteit geword.
Die klub het op 5 Augustus bymekaargekom om die mylpaal te vier. "Baie dankie vir elkeen se bydra om die klub 'n sukses te maak. Ons moet op dit wat ons as span wil bereik vir die toekoms, fokus."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’