GRAAFF-REINET NUUS — Hoër Volkskool se O.15-krieketspan het onlangs teen Marlow krieket gespeel op hul velde.
HVS het die loot gewen en gekies om eerste te boul. Die beste bouler was Ruben van der Merwe met ses paaltjies. Hoër Volkskool kon almal uitkry vir 52 lopies. Daarna het die HVS-seuns ingegaan om te kolf.
Die beste kolwer was Dieter Bertram met 18 lopies, nie uit nie. HVS wen die wedstryd met 8 paaltjies.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'