SUID-KAAP NUUS - SWD-krieket het Donderdag 13 Oktober hul 2016/2017 seisoen begin teen WP in die Sunfoil Cup-drie dag toets op die Rec-sportterrein op Oudtshoorn.
Die SWD-span vir die toets is as volg: Neil Hornbuckle, Hanno Kotze, Chris Marrow, Murray Commins, Brendon Louw, Siyabonga Booi, Glenton Stuurman, Mafinke Serami, Otneill Baartman, Gurshwin Rabie (kaptein) en Mtobeli Bandingawo. Ayabona Kitshani is die 12de man.
Die WP-span is as volg: Pieter Malan, Taariq Chiecktey, Sybrand Engelbrecht (kaptein) , Kholosa Koyana, Abdu Dayyaan Galiem, Shaheen Khan, George Linde, Mpilo Njoloza, Travis Muller, Thokozani Peter, Kyle Verreynne (onderkaptein), Brendan Young en Mthwekhaya Nabe.
Die SWD-krieketspan se seisoen begin onder leiding van hul nuwe afrigter Andy Moles.
Gurshwin Rabie is een van SWD se beste en mees ervare spelers en sal ook die kaptein wees. Mafinke Serami, Murray Commins, 'n kolwer en Mthobeli Bandingawo, die eerste speler van die Black African krieketontwikkelingsprogram, sal hul debute in die toets maak. Bandingawo van Thembalethu volg is sy pa John, en oupa Kevin se voetspore. Kevin het ook vir Suid-Afrika gespeel.
Die jong spelers soos Hanno Kotze en Neil Hornbuckle (kolwers), Otneill Baartman and Glenton Stuurman (bouler) sal die seisoen 'n goeie impak op die span maak.
Jongile Kilani en Marcello Piedt sal weens beserings nie kan speel nie.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete, Hessequa nuus'