CRADOCK | SOMERSET-OOS NUUS — Op Woensdag, 24 Januarie, het die O.15A krieketspanne van Marlow en Gill kragte gemeet op Marlow.
Die tuisspan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Die boulers boul aanvanklik goed en kort voor lank is Leyton Valentine en Sandré Erasmus terug in die pawiljoen. Dit sou egter eers weer in die 25ste beurt van die wedstryd wees voordat die besoekers sukses het in die paaltjie afdeling. Met Syce Botha en Gerhard Viljoen voor die penne was dit ? eensydige wedstryd.
Die twee manne stel ? derde paaltjie vennootskap op van 90 lopies met Syce wat 50 lopies slaan. Hy wys die besoekende boulers en veldwerkers hoe daar eintlik gekolf moet word. Marlow teken na hul toegelate 30 beurte 138 lopies aan.
Met Gill se kolfbeurt het dit minder goed gegaan. Aanvanklik het die openingspaar goed weerstand gebied tot op 43/1. Hierna het Jayden Smit, gevolg deur Syce, die besoekers uitgeboul vir 63 lopies. Jayden neem 6 paaltjies en Syce 3.
Marlow wen dus die kragmeting gemaklik met 75 lopies.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'