KAROO ATLETIEKNUUS - Die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe het vanaf 14 tot 16 Maart in Port-Elizabeth plaasgevind.
Die room van die land se skole-atlete het prestasies van hoogstaande gehalte gelewer.
Hoër Volkskool se Shirwan van Staden het baie goed presteer en deurgedring na die finaal van die 100m Seuns O.19.
Hy het 'n vyfde plek in die finaal behaal met 'n tyd van 11 sekonde. Marni van der Merwe het ongelukkig 'n besering opgedoen in die uitdun van die 100m Dogters O.17 en Tiane Lombard het 'n vyftiende plek behaal in gewigstoot, Dogters O.17 met 'n afstand van 12,09 meter.
Die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorkampioenskappe het vanaf 21 tot 23 Maart 2019 in die Paarl plaasgevind.
Shirwan van Staden het by die byeenkoms weer deurgedring na die finaal van die 100m in die Mans O.20 afdeling. Hy het sewende geëindig in die finaal met 'n tyd van 11 sekonde.
Tiane Lombard eindig sewentiende in die gewigstoot, Dogters O18 met 'n afstand van 12,08 meter.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'