GRAAFF-REINET NUUS — Die Narsingstraat Primêre Skool het die pas afgelkope Vrydag, 20 atlete gehad wat die skool tydens die Karoo atletiekbyeenkoms vir laerskole verteenwordig het.
Die atlete het hul baie goed van hul taak gekwyt en die volgende prestasies behaal:
Maxshean Matthews eindig tweede in die 1 200m en eerste in die verspring; Hershelle Slavers eindig eerste in die 1 200m; Emmerentia Stuurman eindig tweede in die 1 200m; Tashne Smith behaal 'n vierde plek in die 1 200m; Giovanni Plaatjies kom agste in die 1 500m en derde in die 800m; Jody Meyer eindig tweede in die verspring en eerste in die 80m; Sonyboy Lamont kom eerste in die 100m en eerste in die 80m; Michaela Willemse eindig derde in die 100m en tweede in die 150m; Ethan Hemp eindig tweede in die 100m en eerste in die 200m; Eqwayne Carolus eindig derde in die 100m, Bjorn de Vos eindig vierde in die 80m; Raheim Arries eindig derde in gewigstoot; Deone Afrika eindig tweede in die gewigstoot; Nicole Prins kom eerste in die gewigstoot; Jemiel Grootboom eindig vierde in die 150m en Gozane Donley eindig derde in die 200m.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo news'