GRAAFF-REINET NUUS - Die afgelope naweek het Hoër Volkskool aan die Gill College Sportdag in Somerset-Oos deelgeneem.
Hierdie toernooi bring verskillende skole bymekaar.
Die volksies se uitslae vir die toernooi is soos volg:
Rugby:
• O. 14A speel teen WG Olivier en verloor 5 - 22.
• O. 15A speel teen Aeroville Sekondêre Skool en wen 22 - 0.
• O. 16A speel teen Andrew Rabie en verloor 0 - 17.
• Die eerste span speel teen Winterberg en wen 34 -5.
Netbal:
Die eerste span se wedstryde is soos volg:
• HVS wen 10 - 7 teen Adelaide.
• HVS wen 15 - 11 teen Burgersdorp.
• HVS verloor 15 - 21 teen Hangklip.
• HVS wen 16 -14 teen Gill College.
Hokkie:
• Die o. 16A’s speel gelykop teen Lilyfontein se eerste span, 0 - 0.
• Die o. 16A’s speel teen Adelaide se o. 16A’s en wen 5 - 0.
• Die tweede span speel teen Victoria Girls High se o. 16A en verloor 0 - 1.
• Die tweede span speel teen Hangklip se eerste span en verloor 0 - 4.
HVS se eerste netbalspan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’