GRAAF-REINET NUUS - Rudolph-Hein van Eeden van Hoër Volkskool het op onlangs aan die OP-tweekampkampioenskappe deelgeneem.
Hy het in beide swem en hardloop persoonlike beste tye vir die seisoen aangeteken en het algeheel vierde geëindig.
Na afloop van die kampioenskappe is die OP-span vir die SA kampioenskappe aangekondig en hy is in hierdie span vir o. 19-seuns ingesluit.
Die SA kampioenskappe vind op 21 en 22 Maart in Oudtshoorn plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’