ATLETIEKNUUS - Agtien atlete van Eden Modern Pentathlon (MPA) het uitstekend gevaar tydens die SA Biathle, -Triathle en -Laser run-kampioenskappe wat gedurende Mei in Somerset-Wes en Junie in Pretoria plaasgevind het.
Na afloop van die kampioenskappe is daar atlete vir die Sampa-span gekies wat in Portugal aan die wêreld-kampioenskap gaan deelneem.
Laser Run-wêreldkampioen-skap gaan vanaf 22 tot 25 September in Lissabon plaasvind en die Biathle- en Triathle- wêreldkampioenskap gaan vanaf 26 tot 30 Oktober in Machico-Madeira Eilande plaasvind.
Laser run, Biathle en Triathle vorm deel van Modern Pentathlon en is ook 'n lekker gesin sport. Laser run is waar daar met laser simulator geskiet word na teiken waarna 'n sekere afstand gehardloop moet word.
Afstand van skiet na teiken wissel van 5 m na 10 m en hardloop afstande wissel tussen rondtes van 300 m na 600 m.
Biathle is waar daar 'n afstand gehardloop, geswem en weer gehardloop word. Hardloop afstande wissel tussen rondtes van 200 m tot 1 600 m, terwyl swem afstande wissel tussen 50 m en 200 m.
Triathle is waar daar met 'n laser simulator geskiet word na 'n teiken waarna 'n sekere afstand gehardloop en geswem moet word.
Afstand van skiet na teiken wissel van 5 m na 10 m en afstande wissel tussen rondtes van 300 m na 600 m. Swem afstande wissel tussen
25 m en 50 m. Alle afstande word bepaal volgens verskillende ouderdomsgroepe.
Die volgende atlete is tot die SAMPA-span verkies:
- Wanru Haasbroek (seuns o.11) - Laser run, Biathle, Triathle
- Cameron McEwan (seuns o.11) - Biathle
- Pieter Schoeman (seuns o.11) - Laser run
- Pierre Myburgh (seuns o.11) - Laser run
- Duné Haasbroek (dogters o.13) - Laser run, Biathle, Triathle
- Albert Myburgh (seuns o.13) - Laser run
- Tonya Schoeman (dogters o.15) - Laser run
- Annabelle McEwan (dogters o.15) - Biathle
- Johan Schoeman (seuns o.15) - Laser run
- Marilie Duvenage (dogters o.17) - Laser run, Biathle, Triathle
- Ruan Rossouw (seuns o.17) - Laser run
- Stef Schoeman (seuns o.19) - Biathle, Triathle
- Divan Rossouw (seuns o.19) - Laser run
- Lenka Rossouw (40+) - Laser run
- Bertus Myburgh (40+) - Laser run, Biathle, Triathle
- Theo Rossouw (50+) - Laser run
- Johan Windt (60+) - Laser run, Biathle, Triathle
- Bernhard Siebrits (60+) - Laser run, Biathle, Triathle.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'