GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Laer Volkskool het op 23 en 24 Maart vier mini-atletiekbyeenkomste gehou.
As gevolg van Covid-19-protokolle kon geen toeskouers dit bywoon nie, maar ten spyte van talle aanpassings en 'n ander byeenkomsformaat is die skool dankbaar dat atlete weer kon wys wat in hulle steek.
'n Groot groep atlete het getrou geoefen en uitstekend gevaar.
Aangesien dit nie 'n kleurebyeenkoms was nie, kon die leerlinge nie amptelike nuwe rekords aanteken nie.
Lee-Jon Blignault het egter die 2020 S/o.10 100 m rekord van 14.8 sek met sy tyd van 14.5 sek kaf gedraf.
Deidré Alberts het die 2020 D/o.11 80 m-rekord van 12.24 sek met haar skittertyd van 11.73 sek verbeter.
Voor van links het Jarrod Gerber en Laughton Booysen alles uitgehaal om te wen, maar dit was Lee-Jon Blignault wat die rekord van 2020 verbeter het. Agter hardloop Hugo Lambrecht.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'