Update
GRAAFF-REINET NUUS - Japie Masimla, 'n atleet van Graaff-Reinet wat verlede Saterdag 'n hartaanval tydens die Bruintjieshoogte-ultramarathon gekry het, is gister middag, 26 April, omstreeks 17:00 oorlede.
Die Graaff-Reinet Running Club bedank graag almal wat donasies ter ondersteuning van sy herstel wou maak.
Die ondersteuning van die gemeenskap was geweldig.
Elise Steynberg, wat 57 kilometer sou hardloop ter fondsinsameling vir sy mediese onkostes, beplan om steeds die afstand aan te pak, maar dié keer ter herinnering aan Japie.
Enige fondse wat hiermee geïn word sal aan Japie se familie oorhandig word.
Lees 'n vorige artikel: Klub staan atleet by
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'