GRAAFF-REINET NUUS – Tydens die pas afgelope Bruinjieshoogte-ultramarathon op Saterdag, 21 April, het die 57-jarige Japie Masimla van Graaff-Reinet 4km voor die eindstreep inmekaar gesak.
Japie - wat onmiddelik deur mediese personeel bygestaan is - het ‘n hartaanval en beroerte gehad.
Hy is dadelik na ‘n naby geleë hospitaal geneem, waarna hy na die Livingstone-hospitaal in Port-Elizabeth oorgeplaas is vir behandeling en sterk hy tans aan by die provinsiale hospitaal in Uitenhage.
Japie is reeds ‘n jarelange lid van die Graaff-Reinet Running Club en wil die klub se lede hom graag bystaan in dié tyd van nood.
Japie het al die jare by korrektiewe dienste gewerk maar beskik hy sedert sy aftrede nie meer oor ‘n mediese fonds nie.
Elise Steynberg, ook ‘n lid van die Graaff-Reinet Running Club, beplan om 57 kilometers vir die 57-jarige Japie te hardloop om fondse te in vir Japie se mediese onkostes.
Enigeen wat graag ‘n donasie wil maak of as borg vir optree vir dié inisiatief word gevra om met Elise (083 787 0236) of die klub in verbinding te tree.
Die klub wil graag bystand lewer aan Japie se familie en enige finansiële bydraes sal geweldig waardeer word.
Diegene wat ‘n skenking wil maak, kan geld deponeer in die volgende rekening:
- Naam: Graaff-Reinet Running Club
- First National Bank
- Takkode: 210216
- Rekening nommer: 62388583918
- Verwysing: Naam en Van
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'