GRAAFF-REINET NUUS — Kranige atleet Shirwan van Staden het hierdie jaar 'n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid-Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkomste deel te neem.
Hierdie uitstaande Hoër Volkskool-atleet het goed presteer teen die beste atlete in die land.
Shirwan het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe (5 tot 7 April) in die Paarl.
Hier het hy in die 100m en 200m vir O.20 mans deurgedring tot die halfeindrondes.
In albei hierdie wedlope het hy die negende vinnigste tye aangeteken.
Hy het ook in Potchefstroom aan die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe (21 tot 24 Maart) deelgeneem.
Hier het hy in die 200m Seuns O.19 tot die halfeindronde deurgedring.
In die 100m-eindronde het hy sesde geëindig in 10,85 sekonde. Hy het as lid van die 4 x 100m aflosspan deelgeneem en hulle het 'n vyfde plek behaal.
Hierdie was die afsluiting van 'n baie suksesvolle atletiekseisoen vir Hoër Volkskool. Dié skool het hom gevestig as 'n skool waarvan die atlete besondere prestasies behaal.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'