GRAAFF-REINET NUUS — Die pas afgelope naweek het die Oos-Kaap Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Oos Londen plaasgevind.
‘n Sterk wind en ‘n program wat soms agter die geskeduleerde tyd verloop het, het dit vir die atlete moeilik gemaak om hulle konsentrasie te behou.
Die twaalf atlete van Hoër Volkskool wat deelgeneem het, het baie goed presteer. Sewe goue medaljes is ‘n besondere prestasie wat ‘n bewys is dat harde werk, toewyding en liefde vir dit wat jy doen ‘n wenresep is.
Die atlete het die volgende prestasies behaal:
• Cullen August: eerste in die 100m Seuns O.19 met 'n tyd van 10,71 sekondes. Hy was ook derde in die 200 meter met 'n tyd van 22,29 sekondes.
• Zandiswa Speelman: eerste in die Hoogspring Dogters O.19 met 'n sprong van 1,50 meter.
• Madel Piek: eerste in die Spiesgooi Dogters O.19 met 'n afstand van 35,50 meter.
• Shirwan van Staden: eerste in die 100m Seuns O.17 met 'n tyd van 10,62 sekondes, sowel as 'n eerste plek in die 200m met 'n tyd van 21,64 sekondes.
• Carryn Swartz: eerste in die Verspring Dogters O.17 met 'n afstand van 5,01 meter.
• Abeedha Masimla: eerste in die Spiesgooi Dogters O.17 met 'n afstand van 35,33 meter.
• Tiané Lombard: derde in die Gewigstoot Dogters O.15 met 'n afstand van 10,56 meter.
Hoër Volkskool-atlete Zandiswa Speelman, Cullen August, Abeedha Masimla, Madel Piek, Carryn Swartz, Sherwin van Staden en Tiane Lombard.
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'