CRADOCK NUUS — Op Sondag, 28 Januarie, het twee atlete van Hoërskool Cradock gaan deelneem aan die sesde Biathle byeenkoms in Port Elizabeth.
In Biathle voltooi deelnemers vier rondtes van ‘n voorafopgestelde baan, waar hulle elke rondte ‘n sekere afstand hardloop en swem.
In die dogters O.19 het Channah du Plessis gewen en Marissa du Plessis (albei atlete van CHS) tweede geëindig.
Die volgende byeenkomste vind plaas op 12 Februarie (Triathle) en 19 Februarie (Biathle), in Port Elizabeth.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'