GRAAFF-REINET NUUS - Asherville Sekondêr het 'n string medaljes by die Sarah Baartman Distrik Kampioenskappe in Port-Elizabeth verower op 14 Februarie.
Die skool het drie goue, vier silwer en twee brons-medaljes huis toe gebring. Ses atlete van die skool het deelgeneem.
Bulelani Keka het goud verower in die 800m, en brons in die 400m. Dudley-Ann McCarthy was eerste in die 100m en 200m.
Liam Oormeyer het brons gewen in die 200m. Aflosspan Oormeyer, Eddie Frolick , Euwin Hoffman en Melvin Grootboom het gesorg vir silwer.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'