RUGBYNUUS - Die SWD het Saterdag in die hoofwedstryd van die o.18 FNB Cravenweek, wat by Hoërskool Middelburg aangebied is, al vegtende ondergegaan teen die sterk span van die Westelike Provinsie, om uiteindelik 27-21 te verloor.
SWD was rustyd 17-9 agter.
Die Suid-Kapenaars het nooit moed opgegee nie en was met ses punte agter en op die aanval, toe hulle tot ontsteltenis van die groot skare die bal onnodig weggeskop het.
Die SWD kan hulself op die skouer klop vir ’n puik week waarin hulle die Vrystaat - met al sy Grey spelers - geskok en daarna die Leeus maklik afgeransel het.
SWD was die enigste span wat gelyk het of hy die onoorwonne Streeptruie kon klop.
Vir die WP het Jadon Ocks, Josh Neill, Quintin Potgieter en Jeneall Davids drieë gedruk. Ethan van Biljon slaag met twee doelskoppe en ’n strafdoel.
SWD se drieë is gedruk deur Kai Pratt (Oakdale) en Anrich Scheffer. Virgil Pockpas slaag met ’n doelskop en drie strafdoele.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’