TUINROETE | KAROO NUUS - Suid-Afrika se munisipale verkiesings vind op 1 November plaas. Tydens die verkiesing word rade gekies vir alle distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipaliteite in elk van die land se nege provinsies.
Eerskomende naweek, 18 en 19 September, kan alle kiesers vir die verkiesing registreer. Stemstasies regoor alle munisipale distrikte sal tussen 08:00 en 17:00 oop wees.
Kiesers word daaraan herinner dat hulle slegs mag stem by die stemlokaal waar hulle geregistreer is.
As 'n kieser sedert die laaste munisipale verkiesing verhuis het, is dit belangrik om te herregistreer by 'n nabygeleë stemlokaal. Diegene wat vir die eerste keer stem moet 'n Suid-Afrikaanse burger wees, en minstens 18 jaar oud.
Om seker te maak of jy geregistreer is om te stem, stuur 'n SMS met jou identiteitsnommer na 32810 ('n SMS kos R1). Registreer aanlyn by www.elections.org.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'