GRAAFF-REINET NUUS - Die Demokratiese Alliansie het weer beheer van die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit (DBNLM) oorgeneem nadat die drie kleiner partye – die VF Plus, die EFF en die Compatriots of South Africa – hul steun aan die DA toegesê het.
Die DA beheer nou 13 setels in die raad van 24 en die ANC 11.
Ewald Looch van die DA is as die nuwe burgemeester verkies in die plek van die ANC se Deon de Vos.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'