NASIONALE NUUS - Ekstra hulp van die polisie sal ingespan word op 31 Januarie en 1 Februarie vir die tussenverkiesing in Uniondale (wyk 25).
Die Onafhanklike Verkiesingskommittee hou dié klein dorpie fyn dop nadat wrywing tussen die DA en ANC gelei het tot tekens van geweld en intimidasie.
Die hoofverkiesingsbeampte van die OVK in die Wes-Kaap, Courtenay Sampson, het bevestig dat die Uniondale-polisie versterk sal word met hulp van ander dorpe. Die OVK sal ook twee beamptes in Uniondale ontplooi om te help met mediasie en konflik hantering indien nodig.
Die tussenverkiesing in wyk 11 in Thembalethu, George, vind op dieselfde tyd plaas.
Diegene wat goedkeuring ontvang het om spesiale stemme in te dien sal op 31 Januarie by die stemlokaal of tuis hul kruisie maak. In beide wyk 25 en wyk 11 is altesaam 80 voornemende kiesers se aansoeke vir die indien van 'n spesiale stem afgekeur.
Die getalle vir spesiale stemme lyk soos volg: In Uniondale kan 384 kiesers tuis stem en 345 by 'n stemlokaal; In Thembalethu, wyk 25, kan 15 kiesers tuis stem en 23 by die stemlokaal.
Volgens Sampson is hierdie getalle "heel normaal", maar hy voeg by dat politici ongelukkig die opsie vir tuisstemme dikwels uitbuit om te verseker dat die mense stem.
"Tuisbesoeke is daar vir diegene wat nie in staat is om by 'n stemlokaal uit te kom nie," het hy gesê. "Wanneer die hoeveelheid tuisstemme hoog vertoon kan dit ook 'n teken wees dat mense bang is vir intimidasie."
* Additional police assistance will be available on 31 January and 1 February for the by-election in Uniondale (Ward 25). The Independent Election Committee keeps a close eye on this small town after friction between the DA and the ANC led to signs of violence and intimidation. The chief electoral officer of the IEC in the Western Cape, Courtenay Sampson, confirmed that the Uniondale police will be strengthened with the help of other towns. The IEC will also deploy two officers in Uniondale to assist in mediation and conflict resolution if needed.