Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgtogaansoek van Cabiso Klip, die man wat verlede week in verband met stafsersant Preston Titus se moord in hegtenis geneem is, is vandag in 'n stampvol hof op Oudtshoorn voortgesit.
Landdros Roelf Konstabel het die borgtogaansoek na Maandag 18 Desember uitgestel.
Die onluste polisie was binne en buite die hof teenwoordig om toegang tot die hof te beheer. 'n Groot groep gemeenskapslede was, tot hul onsteltenis, egter nie binne die hof toegelaat nie omdat die hof reeds te vol was.
Volgens die hoofstaatsaanklaer, adv. Goodman Joxo, wat die saak vir die staat hanteer, is die klagtes teen Klip sameswering om moord te pleeg sowel as moord.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'