NASIONALE NUUS - Inwoners van Mosselbaai is besig om na die Mosselbaai-munisipaliteit op te ruk.
Inwoners betoog teen onder meer munisipale tariewe, korrupsie en behuisingkwessies.
Die polisie se openbare orde-eenheid is op die toneel.
Intussen het dit bekend geraak dat voetgangers vanoggend by Asla Park deur betogers geïntimideer is.
Verskeie inwoners het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat daar nie taxis vir hulle vanoggend beskikbaar was nie.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’