GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet het lentedag in snerpende koue op 1 September gevier, met selfs 'n donderweerbui wat Dinsdagaand op die dorp toegesak het.
Maar die koue kon leerders van Laer Volkskool nie keer om 'n prettige Hoede – en Haredag te hou nie. Weens Covid-19 regulasies moes hierdie projek vanjaar in twee skofte plaasvind, op 1 en 2 September.
Volgens Mari Swiegers, woordvoerder van die skool, is elke leerder wat deelgeneem het ook gevra om nie-bederfbare produkte te skenk vir die skool se voedselhulp-projek.
"Almal het deelgeneem en self die onderwysers het kom spog met hulle hoede en hare," vertel Swiegers.
En kyk net hou oulik was die hoede! Kon elke dag nie maar lentedag wees nie?
Eben Lötter
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'