NASIONALE NUUS - Tabakgebruik is ‘n bedreiging vir enige persoon, ongeag geslags-, ouderdom-, ras-, kulturele of opvoedkundige agtergrond, wat meer as 18 soorte kanker veroorsaak en verantwoordelik is vir meer as 20% van die kankersterftes wêreldwyd. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) pleit vir die stop van die gebruik van enige en alle tabakprodukte.
Tabak kan in baie vorme gevind word en alle tabakgebruik is skadelik.
Boonop die gesondheidsimplikasies, raak tabakprodukte al hoe duurder en veroorsaak ‘n groot negatiewe impak op die ekonomie.
“Die tabakindustrie produseer en bemark produkte wat voortydig miljoene mense doodmaak, huishoudings van finansies wat vir kos en onderwys gebruik kan word, beroof en enorme gesondheidsorgkoste op gesinne, gemeenskappe en lande oplê," meen Dr Oleg Chestnov, Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) se assistent direkteur-generaal vir nie-oordraagbare siektes (NCD's) en geestesgesondheid.
Hookah-, of hubbly bubbly-gebruik is veral kommerwekkend onder die jeug. Die tabak is niks minder giftig in ‘n hookah-pyp nie en die water in ‘n hookah filtreer nie die giftige chemikalieë uit die tabakrook nie. Hookah-rokers kan eintlik meer tabakrook inasem as sigaretrokers, omdat hulle groot volume rook in 'n rooksessie inasem.
In Suid-Afrika, val hierdie en verwante tabakprodukte onder die definisie van "tabakproduk", soos aangedui in die Wysigingswet op Tabakproduktebeheer (2007). Dit beteken dat die gebruik en verkoop daarvan moet voldoen aan die regulasies wat van toepassing is op 'n tabakproduk. Dit sluit in die verbod op die verkoop van hookahs en hul produkte aan enigiemand onder die ouderdom van 18.
"Elektroniese sigarette en soortgelyke toestelle word gereeld as hulpmiddels bemark om op te hou rook, of as gesonder alternatiewe vir tabak. Dit is nie bewys nie en e-sigarette is nie 'n beter alternatief as sigarette nie. Hulle bevat steeds skadelike chemikalieë en dit word eerder aanbeveel om op te hou rook deur bewese behandelings. Kansa het ‘n e-Kick Butt program wat help om op te hou rook (www.ekickbutt.org.za).
Jy het die reg tot ’n rookvrye omgewing
Kansa het 'n belangrike rol gespeel in die bydrae tot tabakbeheerwetgewing in Suid-Afrika. Rookvrye wette beskerm die gesondheid van nie-rokers.
• Wetgewing is baie duidelik oor waar mense mag rook en waar rook verbode is
• Dit is jou reg om te kla wanneer iemand in jou teenwoordigheid rook
• Dit is ook jou reg om remediërende stappe te neem as iemand rook in enige plek waar rook verbode is
• Volwassenes mag nie in 'n motor rook as 'n passasier onder 12 jaar teenwoordig is nie
• Rook word nie toegelaat in 'n perseel (insluitende privaat huise) wat gebruik word vir kommersiële kinderaktiwiteite, soos kleuterskole, ens.
• Geen persoon onder 18 mag toegelaat word tot 'n aangewese rookarea nie
• Geen rook in gedeeltelik afgeslote openbare plekke soos balkonne, bedekte stoepe, paaie, parkeerareas, ens.
• Die boete vir die eienaar van 'n restaurant, kroeg en werksplek wat die rookwet verbreek, is hoogstens R50 000 en vir die individuele roker R500
• Die tabak industrie kan nie meer 'virale' bemarking soos partytjies gebruik om aan jongmense te bemark nie
• Die verkoop van tabakprodukte aan en deur persone onder die ouderdom van 18 jaar is verbode
• Sigaretverkoopmasjiene wat tabakprodukte verkoop, kan nie gebruik word om ander produkte soos skyfies, sjokolade, ens. te verkoop nie.
Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800226622 of stuur ‘n epos aan info@cansa.org.za.
'Ons bring jou die nuutste Karoo, Tuinroete, Hessequa nuus'