NASIONALE NUUS - Die bekende filmmaker Jans Rautenbach, wat verlede week in Mosselbaai in die ouderdom van 80 oorlede is, word hierdie naweek ter ruste gelê.
Die begrafnisdiens is Saterdag 12 November om 15:00 by Vlakteplaas skool by die plaas Oulap buite De Rust op die Willowmore pad.
Rautenbach is in die Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai oorlede aan komplikasies van longontsteking.
Hy is in 1936 in Germiston gebôre en het as 'n mynwerkerseun in Boksburg grootgeword het. In die laat 1960's het hy in vennootskap getree met die filmvervaardiger Emil Nofal en as regisseur van Die Kandidaat (1968), Katrina (1969) en Jannie Totsiens (1970), 'n bakenverskuiwende vernuwing in die Afrikaanse filmwese teweeggebring. Ander hoogtepunte was onder meer Die Ongewenste Vreemdeling (1974), Eendag op 'n Reëndag (1975), Blink Stefaans (1981) en Abraham (2015).
Jans en sy vrou Almeri het in die sewentigerjare op Oulap aan die voet van die Swartberg naby De Rust gevestig.
'Ons bring jou die nuutste Karoo, Tuinroete, Hessequa nuus'