Update
NASIONALE NUUS - 'n Verdagte, Shadreck Mhetu (30), het vanoggend vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering en kaping van Hartenbos-inwoner, Desmond Share (52).
Share is verlede Dinsdag deur sy familie as vermis aangemeld nadat hy die oggend Herbertsdale toe was om werk te doen.
Hy het ‘n wit Ford Ranger waarop die woorde Guru Gutter staan, gery.
Sy selfoon was volgens betroubare bronne laas om ongeveer 16:00 verlede Dinsdag aan, en kringtelevisiekameras het om 18:06 dieselfde dag, Share se bakkie met twee insittendes by die BP-vulstasie by Buffeljagsrivier opgetel.
Mhetu is in Du Noon in Kaapstad deur die polisie in hegtenis geneem. Nog drie verdagtes, wat met Share se moord verbind kan word, is steeds op vrye voet.
Soekspanne het Saterdag op Share se liggaam naby Albertinia in ‘n beboste gebied afgekom.
Lees meer op susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’