NASIONALE NUUS - Aanhangers van die liefdesprogram Boer Soek 'n Vrou het in spanning gewag om te hoor wie dié reeks se nuwe aanbieder is, nadat Leah in Januarie aangekondig het dat sy die reeks verlaat.
Die wag is verby, nadat model Marciel Hopkins vroeër vandag aangekondig het dat sy die nuwe aanbieder is.
"Ek is uit my vel van opwinding oor hierdie nuwe avontuur en ek is super dankbaar vir die geleentheid," het sy op Instagram gesê.
Hopkins het 'n graad in drama en 'n honneursgraad in sielkunde, beide aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was in 2015 'n Mej. Suid-Afrika top-12 finalis, en het haar sedert gevestig as 'n internasionale model en plaaslike motiveringspreker.
Is jy opgewonde om Hopkins as die nuwe aanbieder te sien? Laat weet ons in die kommentaar-afdeling op facebook.
Hopkins is ’n internasionale model en motiveringspreker.
Foto's: Marciel Hopkins, Instagram.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'