GRAAFF-REINET NUUS - Daar heers gedurig 'n onderlinge kompetisie tussen die Valies en die Capies om te kyk wie vat die meeste karavane, sleepwaentjies, duinebesies, bote, fietse, vrieskaste en draagbare lugverkoelers saam see toe.
Maar wanneer jy Zimbabwe toe gaan, wen jou vrag losvoor.
Die emmers vervoer kos van Suid-Afrika vir families daar ver. En daardie emmers word goed geseël!
Dié koerier verdien groot geld oor dié seisoen, maar nou wonder mens oor die blou stoeltjie ... gaan kleinboetie op Kersdag sy eie sitplek kry?
Selfs 'n fiets is slim aangehak, so ouboet sal nou kan skool toe ry!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’