TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
- Roesbolling s.nw., roesbollings. (streektaal)
Deurmekaar, wanordelike versameling of toestand: Ek (het) ... met groot mismoed ... die tuin gadegeslaan: ’n paar skeefgesakte terrasse, ...akkers vol kikoejoegras, ’n paar verwaarloosde hortensies ... ’n Regte roesbolling, het my ma gesê (A. Bouwer in Sarie, 22 Nov. 1972, 52). - Eenvoudige persoon.
- Uitbundige, wilde partytjie: Gamkaskloof se mense het ... die opening van die ... pad na die buitewêreld met ’n “roesbolling” gevier en van die rosyntjiebier taamlik “gekaromgooi” (Die Burger, 10 Aug. 1962, 1).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'