KAROO NUUS - Oos Vrystaat Koöperasie (OVK) was weer hierdie jaar as borg by die jaarlikse Karoo Winter Wolfees betrokke. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat OVK drie afsonderlike kompetisies aangebied het waaraan veselprodusente, die algemene publiek en skoolkinders kon deelneem.
Die wenners is tydens ‘n glansgeleentheid in Middelburg aangekondig, wat ook dien as die amptelike opening van die fees. Dit is bygewoon deur industrieleiers, rolspelers en produsente.
Die wenners van die OVK-kompetisies was:
OVK beste enkel wolbaal-kompetisie 2024
- 1ste: Anker Karoo (Edms.) Bpk., Plaatfontein. Prys: R25 000
- 2de: Le Roux Trust, Fonteinskloof. Prys: R15 000
- 3de: SA Hayward, Veerenkraal. Prys R10 000
OVK wol innovasie-kompetisie 2024
- 1ste: Carlize van Zyl. Prys: R20 000
- 2de: Wool Wise Project: Emily Segame, Sophia Mekoe, Georgina Collins en Ntabiseng Ndabeni. Prys: R10 000
Hoërskool-kategorie
Hansen Viljoen was die wenner van die OVK Wolkuns-kompetisie in die hoërskool-kategorie.
Van links is Jaques le Roux, Carlize van Zyl en Chris Bender.
Debbie Gouws kondig Hansen Viljoen aan as wenner van die OVK Wol Kuns Kompetisie in die Hoërskool kategorie.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’