KAROO NUUS - Kleine Pippa Nortier, die klein Yorkie (10 maande oud) van Paul en Margaret Nortier, van Molteno, het op 7 Junie op onverklaarbare wyse uit hulle erf verdwyn.
Die Nortiers het dadelik begin soek, en roep. Dis was ysig koud snags, maar geen mens het vir Pippa gesien nie.
Op 9 Junie het Sandi Hattingh 'n baie verwilderde klein Yorkie, opgemerk, en die Nortiers dadelik laat weet, maar hoewel hul dadelik opgedaag het, was dié kleine hondjie nêrens te vind nie.
Op 10 Junie is advertensies weer op sosiale media gesirkuleer, en die volle gemeenskap het by die soektog betrokke geraak.
Op 14 Junie het die Hattinghs weer laat weet dat hul 'n hondjie opgemerk het, en 'n grootskaalse soektog is begin met talle mense wat opgedaag het.
Daar was groot vreugde toe die bibberende Pippa sewe dae later weer by die huis opgedaag het.
Dié advertensie is gesirkuleer op sosiale media.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’