GRAAFF-REINET NUUS - Raadslid van wyk 2, Ricardo Smith, en ’n groep medewerkers het onlangs ’n sloot wat gebruik word as rommelstortingsterrein, skoongemaak.
Hy sê die Dr Beyers Naudé Munisipaliteit beskik oor slegs drie werkers skoonmaaakdienste in sewe wyke.
“Dit is onmoontlik vir slegs drie algemene werkers om die hele Graaff-Reinet skoon te hou, en dit is om daardie rede dat ek en my vrywilligers vandag eenkant gesit het om op te ruim,” sê Smith op ’n video wat tydens die opruimingsessie geneem is.
Hy sê ook dat daar ’n skrywe gerig is aan die voorsitter van die gemeenskapsdienste-staande komitee, waarin hy ’n noodvergadering met die munisipale bestuurder versoek sodat hierdie probleme uitgeklaar en opgelos kan word.
“Die inwoners van die Dr. Beyers Naudé Munisipaliteit kan eenvoudig nie op hierdie trant voortgaan nie,” sê Smith.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’