Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die Dr Beyers Naude munisipaliteit het onlangs 'n kennisgewing uitgereik dat watertoevoer vanaf Wanhoop na Willowmore onder geweldige druk verkeer.
Volgens die munisipaliteit het die beskikbare water vanaf Wanhoop verminder na sowat 500 tot 700 kiloliter per dag en hierdie afname, tesame met 'n toename in die aanvraag na water in Willowmore, het watertekorte in sommige areas tot gevolg gehad.
FOTOGALERY: Waar is ons water heen?
Ten einde reservoirvlakke te verhoog word watertoevoer na alle huishoudings in Willowmore al sedert die 5 Januarie elke Donderdag en Sondag heeltemal afgesluit.
Die meegaande fotos vertel egter die storie van waar Willowmore se water werklik is... en ook van Raadslid Ewald Loock se lekker swem op 'n warm Sondagmiddag.
Lees meer in die volgende uitgawe van die Graaff-Reinet Advertiser.
Die meegaande fotos vertel egter die storie van waar Willowmore se water werklik is... en ook van Raadslid Ewald Loock se lekker swem op 'n warm Sondagmiddag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'