GRAAFF-REINET NUUS - Deur die somermaande is daar in Cradock nooit 'n vaal dag nie.
Plaaslike vroue is puik blomme- en groenteboere en hulle sorg dat pragtige bosse vars blomme daagliks beskikbaar is.
Hierdie plaasvroue het voorwaar al hulle talente ingespan en elke sentimeter vrugbare grond lewer die kosbaarste oes op.
Hierdie boerderye verg voltydse sorg, en pluktye en planttye moet deeglik beplan word. Vars ruikers is daagliks beskikbaar en hulle kinders ken ook die waarde van vars groente uit die grond en die magiese krag van 'n vars ruiker blomme.
Marelize Michau, Charné du Toit, Kendall Schoeman en Lani Lombard sorg dat daar altyd vreugde beskikbaar is.
Lani Lombard produseer kraakvars groente en kruie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’