GRAAFF-REINET NUUS - Die splinternuwe verenigde raad van leerders (VRL) by Hoërskool Cradock het wyd adverteer vir speelgoedbydraes.
Ruim bydraes het van oraloor ingestroom en 'n rekord aantal speelgoed is vanuit alle oorde en ook vanaf die leerders ontvang.
Dié VRL kon op die laaste skooldag, 22 November, 'n groot aantal geskenke aan instansies, wat onder die ACVV ressorteer, oorhandig, waar kinders in nood versorg word.
Die leerders het moeite gedoen om alle geskenke in ouderdomsgroepe te sorteer en geskenke is ook keurig toegedraai.
Daar was selfs ’n rietskraal Kersvader betrokke tydens die oorhandiging.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’