CRADOCK NUUS - Unathi Binqose, mediawoordvoerder van die Departement van Vervoer, het bevestig dat ’n ernstige vragmotorongeluk sopas op die N10 plaasgevind het, sowat 20 km buite Cradock (Nxuba) in die rigting van Cookhouse.
Twee vragmotors was in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke, wat tans die pad versper en verkeer in die area nadelig beïnvloed.
Nooddienste is reeds op die toneel en bestuur die situasie. Enkelrigtingverkeer word toegelaat terwyl opruimingswerk voortgaan.
Volgens Binqose is niemand noodlottig beseer nie.
Motoriste word aangeraai om versigtig te bestuur en, indien moontlik, alternatiewe roetes te oorweeg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’