GRAAFF-REINET-NUUS - “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” - Ps. 16:6.
En dit was presies met hierdie woorde as anker waarmee Laer Volkskool op Vrydag 26 September sy Erfenisdagfees gevier het.
“Ons erfenis is nie net die grond onder ons voete of die taal op ons lippe nie, maar ook die mense en stories wat saam die prentjie van ons skoolgemeenskap vorm,” vertel Izanke de Wet van dié skool.
Die leerders het kleurvol opgedaag en met trots gewys hoe ryk en mooi ons land se verskillende tradisies en gebruike is.
Liedere, stories en vrolike geselskap was volop - elkeen ’n herinnering dat ons saam sterker en ryker is.
Die leerders het ook sakke en blikkies honde- en katkos opgedaag, en ’n ruim skenking kon aan PAWS oorhandig word.
Laer Volkskool se mensies het nie net ’n dag van feesviering beleef nie, maar het ook besef dat hulle deel van ’n groter nalatenskap is - ’n erfdeel wat hulle met waardigheid en dankbaarheid mag dra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’