GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool is ongelooflik trots op elke Volksie wat uitstekend gevaar het by die Raptors Martial Arts MASA (Martial Arts South Africa) nasionale kampioenskappe.
Die Volksies was deel van die Oos-Provinsie span, wat onder die vaandel van Kosa (Kickboxing Organization of South Africa) meegeding het.
Die kampioenskappe het op 14 en 15 Junie in Pretoria plaasgevind.
Met 629 atlete van 23 verskillende martial arts-organisasies was dit fisies én emosioneel uitdagend. Tog het elke deelnemer geveg met alles wat hulle het, vasberade om 'n plek op die podium los te slaan.
Die leerders wat medaljes verwerf het, is:
- Reaglan Maarman (goud in no-gi grappling), goud (points fighting) en silwer (continuous fighting)
- Renaldo van der Westhuizen goud (continuous fighting)
- Jean van Wyngaard goud (points fighting), goud (sports boxing)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’