GRAAFF-REINET NUUS - Drie leerders van Laer Volkskool was uitblinkers tydens ’n onlangse skaaktoernooi.
Jurian Retief, Marizé Retief en Margite van der Merwe het die Sarah Baartman-span oor die naweek van 5 tot 7 September tydens die geslote Oos-Kaap-kampioenskappe in Gqeberha met trots verteenwoordig.
Die Volkskoolleerders het deurentyd die regte skuiwe gemaak en het almal puik gevaar deur hul plek onder die top 20 in hul ouderdomsgroepe te verseker.
Hierdie prestasie beteken dat hulle nou die Oos-Kaap by die gesogte Mzansi Interprovinsiale Jeugskaakkampioenskappe gaan verteenwoordig.
Laer Volkskool is uiters trots op hierdie leerders en die skool se beste wense vergesel die drie na Gqeberha.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’