GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het verlede Vrydag, 17 Mei, hulle jaarlikse Springbok-jagkompetisie gehou. Die kompetisie is destyds deur die huiskomitee op die been gebring om 'n volhoubare bron van inkomste vir die herstel en verbetering aan die koshuisgebou, Huis Cronjé, te genereer.
In 2013 het slegs nege spanne vir die jagkompetisie ingeskryf. Dit het so gegroei dat daar hierdie jaar 27 spanne ingeskryf het, wat 108 jagters ingesluit het wat op 22 plase in die omgewing gejag het.
Op die dag van die kompetisie het al die spanne die oggend by die skool bymekaar-gekom en het spankapteine 'n plaasnaam uit 'n hoed getrek waarop die span gejag het. Daarna het die verskeie spanne vier ure gehad om agt springbokke te jag. Elke spanlid moes twee bokke skiet. Die jagters het almal weer by die skool ontmoet om die springbokke te weeg, horinglengtes te meet en skootplasings te bepaal. Elke jagter het punte vir die gewig van die bok asook die skootplasing gekry.
Hierdie was die hooforganiseerder, Abie Nel, se eerste keer wat hy aan die stuur van die jagkompetisie gestaan het, en hy sê dat hy op dieselfde wenresep as al die vorige jare gebou het.
Hy bedank al die boere in die omgewing wat hulle plase beskikbaargestel het, die borge asook die komitee wat aan stuur van sake was.
Die wenspanne van die jagkompetisie is:
- Eerste: Issi-Missie - spanlede is Stefan du Plessis, Fanie du Toit, Lucius Moolman en Louis Moolman, hulle het op die plaas Geelbekfontein van Dirk van Schalkwyk in die Richmond-distrik gejag
- Tweede: Kapaais - spanlede is Ryan Roux, Jaco Potgieter, Francois Groenewald en Nicholas van der Merwe het op die plaas Fairview van Pieter van der Merwe in Middelburg gejag
- Derde: Ramkatte - spanlede is Jaco Pieterse, Buks Bekker, André Jordaan en Wynand Strauss het op die plaas Onverwagsfontein van Kosie Wolfaardt in Nieu Bethesda gejag.
Jacques van Boomsticks (links) en Jaco Pieterse.
Individueel:
- Eerste: Jaco Pieterse 150/150 Bokke het 61,5 kg geweeg
- Tweede: Jaco Potgieter 150/150 Bokke het 60 kg geweeg
- Derde: Fanie du Toit 150/150 Bokke het 57 kg geweeg
Plase se pryse:
- Plaas waar die wenspan gejag het is Geelbekfontein van Dirk van Schalkwyk
- Plaas met die bokke met die hoogste gemiddelde gewig is Onverwagsfontein van Kosie Wolfaardt
- Plaas met die swaarste ram is Onverwags-fontein van Kosie Wolfaardt
- Plaas met swaarste ooi is Onverwags-fontein van Kosie Wolfaardt
- Plaas waar die wenspan gejag het is Geelbekfontein van Dirk van Schalkwyk
- Plaas met die ram met die langste horings, is die plaas Onverwagsfontein van Kosie Wolfaardt
- Plaas met die ooi met die langste horings is Arcadia van Arno de Jager
Ander individuele pryse:
- Die jagter wat die beste skoot geskiet het is Sagrys Slabbert, op Shirlands van NJ Arnold
- Swaarste ram is geskiet deur André Jordaan op Onverwagsfontein van Kosie Wolfaardt
- Swaarste ooi is geskiet deur Wynand Strauss op Onverwagsfontein van Kosie Wolfaardt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’