GRAAFF-REINET NUUS – Hoër Volkskool se matriekklas van 2017 kan nou weer asem haal nadat die uitslae Vrydag, 5 Januarie bekendgemaak is.
Sommige van die leerders is al ingeburger in hul nuwe werk en het heelwat meer hare en baard as verlede jaar op die skoolbanke.
Ander wag nog geduldig vir ‘n opening êrens, terwyl ‘n paar alreeds aangemeld het vir verdere studies.
Hoër Volkskool het ‘n slaagsyfer van 95 persent behaal terwyl 52% van die matriekklas kwalifiseer vir BA-kursus, 45% vir diploma-kursus en twee leerlinge vir sertifikaatkursus.
Die skool het op sosiale media die leerders geluk gewens met hul uitslae en hul trots oor hul 2017 matriekklas uitgespreek.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'