SOMERSET-OOS NUUS - Vir die dames van die Somerset-Oos VLV-tak was Woensdag 23 Julie nie net 'n geleentheid vir 'n lekker uitstappie nie, maar ook 'n interessante en leersame dag.
Nadat hulle 'n gesellige kuiertjie met keurige eetgoedjies geniet het, is hulle na die Karoo Tech Hub in Somerset-Oos, waar ’n informele inligtingsessie oor die doel en werking van dié moderne gemeenskapsruimte op hulle gewag het.
Die besoekers is deur die sentrum begelei en waardevolle inligting is deurgegee.
Die Karoo Tech Hub het die loopbane, tegnologie en projekinnovasie waarmee dit die gemeenskap bedien, uiteengesit.
'n Interessante feit wat gedeel is, is dat die Karoo Tech Hub deel uitmaak van ’n werkende tegnologiese ekosisteem waar ontwikkelaars aan gekwalifiseerde projekte werk.
Dit bewys dat daar selfs vanuit ’n klein dorp in die Karoo wêreldklas sagteware-ontwikkeling kan plaasvind!
Jean-Mari Gouws, sekretaresse van Somerset-Oos VLV, vertel dat dit 'n informatiewe en aanskoulike oggend was.
"Dit is ’n besondere voorbeeld van hoe klein dorpe groot idees kan huisves!"
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’