PATENSIE NUUS - Die polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen nadat 'n helikopter vanoggend, 10 November, op 'n plaas buite Patensie neergestort het.
Volgens adjudant-offisier Majola Nkohli, woordvoerder van die Oos-Kaapse kantoor van die Provinsale Kommissaris, is 'n vroulike gewasbespuitingsvlieënier (43) op slag dood toe haar Robinson-helikopter op die plaas Roodegrond die kraglyne getref en neergestort het.
Die helikopter was glo besig om gewasse op die plaas buite Patensie te bespuit toe die fratsinsident omstreeks 07:45 plaasgevind het.
Die identiteit van die vlieënier word weerhou totdat 'n formele identifikasieproses afgehandel is.
Volgens die SAPD sal geen fotomateriaal van die ongeluk gedeel word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’