Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Die Vlekpoortrivier, voedingsbron van die Grasrugdam buite Hofmeyr, Kommandodrifdam tussen Cradock en Tarkastad, en die Arthurmeer buite Cradock, kom in volsterkte af nadat 72 mm in ñ baie kort tydjie in die opvangsgebied uitgesak het.
Dit reën steeds in die omgewing.
Plaaseienaars is op hul plase vasgekeer, en alle Saterdag-sosiale-bedrywighede is op kort kennisgewing gekanselleer.
Die Visrivier buite Cradock loop ook volsterkte, en water loop baie hoër as normaalweg onder die Frans Lootsbrug deur.
Ouer inwoners van Cradock onthou nog met benoudheid die vloed wat op 4-6 Maart 1974 'n groot deel van die dorp vernietig het.
VIDEO: 'n Video van die Vlekpoortrivietlr wat sterk afkom buite Hofmeyr (Video: Piet Roux).
Bruin modderwater in die Vlekpoortriver stort oor die Constantia Weir.
Foto: Piet Roux
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'