KLIPPLAAT NUUS - Fantastiese samewerking tussen polisielede en die NAVIC-kontrolespan het gelei tot die arrestasie van vier verdagtes wat na bewering in 'n veediefstalsaak betrokke was.
11 Angora-bokke terwaarde van R22 000, wat na bewering in die Klipplaat-omgewing gesteel is, is terug gevind.
Volgens kaptein Gerda Swart, woordvoerder van die Oos-Kaap-polisie, het die lede vroegoggend op 10 April inligting ontvang van 'n wit Volkswagen Transporter wat glo gesteelde eiendom vervoer.
Die voertuig was op die R75 in die rigting van Kariega onderweg.
"Die polisie het 'n padblokkade opgestel en die Transporter het deur die padblokkade gejaag wat tot 'n hoëspoed-jaagtog tussen die verdagtes en die polisie gelei het. Volgens kaptein Gerda Swart, woordvoerder van die Oos-Kaap-polisie, het die lede vroegoggend op 10 April inligting ontvang van 'n wit Volkswagen Transporter wat glo gesteelde eiendom vervoer.
"Die Despatch-polisie, die Uitenhage-honde-enheid en die Uitenhage-misdaadvoorkomingseenheid is vir hulp ingeroep. Die voertuig is by die M19-kruising gestop en vyf verdagtes het te voet verder gevlug. Vier verdagtes is in hegtenis geneem. Die vee is in die voertuig gevind."
Die verdagtes, wat almal tussen die ouderdomme van 10 en 56 jaar oud is, sal Maandag in die Kariega-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Klipplaat, Karoo nuus'