GRAAFF-REINET NUUS - Bill Harrington, Bertus Griebenhouw van die Vryheidsfront Plus en VF Plus-raadslid, Riaan van Heerden, het Saterdag 14 Desember, hulde gebring aan die inwoners van Huis Aalwynhof in Aberdeen.
Die potjiekosvuur is al om 06:00 aangesteek en 'n oggend vol kuier, Kerssang en staaltjies het begin.
Rabie Gericke se onoortreflike potjiekos was in pas met die manier waarop die senior burgers vereer is.
Bertus Griebenhouw se Kersboodskap het gefokus op liefde, hoop en omgee vir mekaar en teen 12:00 het inwoners gesmul aan die potjiekos - 'n groot bederf.
Harrington het gesê die VF Plus sien dit as 'n groot voorreg om tyd saam met die ouer generasie deur te bring.
"Hierdie inwoners is die grondslag van ons gemeenskap."
Van Heerden het die inwoners van Aalwynhof bedank vir hulle lewenslange diens aan hul families en die gemeenskap in die algemeen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’