XHORA NUUS - Vir die tweede keer in minder as 'n maand is ’n kantelbakvragmotor wat aan die Oos-Kaapse Departement van Vervoer behoort, gesteel.
In die nuuste voorval is 'n vragmotor op Sondagaand, 13 Julie, in Elliotdale (Xhora) - 50 km suid van Mthatha - gesteel.
'n Groep gewapende mans het die sekuriteitswagte die munisipale kantore in Elliotdale aangehou en die sleutels van die vragmotor geëis, waarna hulle daarmee ontvlug het.
Hoewel die diewe die spoorsnyer (tracker) uitgeruk het, is die vragmotor op Maandag 14 Julie teruggevind.
Dit het meganiese skade opgedoen. Niemand is tot dusver hiervoor in hegtenis geneem nie.
In die vorige insident is 'n ander kantelbakvragmotor op 19 Junie in Cala, Chris Hani-distrik, teruggevind, met vyf van sy bande afgesteel.
“Misdadigers het blykbaar nou hul oog daarop het om ons padinfrastruktuurherstel- en rehabilitasiepogings te ontwrig,” sê Unathi Binqose, woordvoerder van die departement van vervoer se veiligheids- en sekuriteitsafdeling.
Die LUR vir vervoer, Xolile Nqatha, het die voorvalle veroordeel as onaanvaarbaar en gesê nie net belemmer dit hulpbronne en toerusting vir die instandhouding van padinfrastruktuur nie, maar dit ook vergroot ook die agterstand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’